Storieta
English
Save & sign up

The opening · free to read

AMSTERDAM Drukkerij en Uitgeverij J.H. DE BUSSY. MCMXXII

Aan my vrou en kinders.

VOORWOORD.

Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan is dit my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enige jare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde PRINSEN, my geagte promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan my dissertasie veel te danke het.

Ook aan U, hooggeleerde BOER, BRUGMANS en STOETT wens ek my opregte dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- en historiese wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in my studie getoon het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. Aan U, hooggeleerde SIX, SWAEN en SCHOLTE betuig ek ook my erkentelikheid.

Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ek baie op prys stel.

Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die Universiteits-Bibliotheek en by die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Vereeniging ondervind het, is ek veel verskuldig; ook aan die direksie van die Nederlandsche Bank van Zuid-Afrika vir opestelling van hul argief.

Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou SPIER, die heer J. INGWERSEN Sr., mevrou SCHABERG-KEMINK en die famielie NIERKENS aan my en my gesin in die tyd van die groot woningnood 'n rustige woon- en studeerplekkie gegee. Dat ons dit ten hoogste waardeer, spreek vanself. Sonder die daadwerklike steun van die Unie-regering en die Herman-Coster-Fonds sou ek my studie nie kon voltooi het nie. Aan almal ons innige dank! Dié dank kom ook toe aan ons Hollandse vriende, wat soveel gedoen het om ons verblyf hier te veraangenaam deur hul gasvryheid en hul bereidwilligheid om ons steeds met raad en daad by te staan. In die sonnige suide sal die glimlag van hul vriendskap nie vergeet word nie!

INHOUD.

DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING Bls. 1-28

§ 1. Historiese Inleiding (1-4). § 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging: (4-6). § 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging (6-7). §4. Gevaar vir Isolasie (8). § 5. Kultuur-toestande (8-14). § 6. Kalvinisme en Kuns (14-18). § 7. Die Prosa.--Algemene Karakteristiek (18-25). Krietiese Standpunt (25-27). § 9. Beperking van Onderwerp.--Indeling (27-28).

HOOFSTUK II.

POLEMIESE PROSA Bls. 29-40

Adv. J.H.H. de Waal (29-30). G.S. Preller (30-31). Dr. D.F. Malan (31-32). Prof. N.J. Brümmer (32-33). Die Brandwag (33). Prof. J.J. Smith (34). Dr. T.B. Muller (34-35) Ons Moedertaal (36). Adv. C.J. Langenhoven (37-40).

HOOFSTUK III.

PROSA UIT DIE TYDSKRIFTE Bls. 41-61

§ 1. (a) De Goede Hoop (41-43). (b). (43-45). § 2. Die Brandwag (45-55). Jan F.E. Celliers (48-53). Hettie Cillié en E.H.F. de Roubaix (53-54) Iz. van Heerden (54-55). § 3. Die Huisgenoot (55-60). § 4. Ander Tydskrifte (60-61).

HOOFSTUK IV.

G.R. VON WIELLIGH, "Die Laaste stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners" Bls. 62-99

Lewensskets (62-63). Eerste Skrywers (63-66). Jakob Platjie (67-71). Huis en Veld (71-74). Staan jou Man (75-77). Boesman-Stories (77-82). Styl en taal (82-99).

HOOFSTUK V.

ROMANS, VERHALE EN SKETSE Bls. 100-230

§ 1. Adv. J.H.H. de Waal: Lewensskets en inhoud van sy twee romans (100-103). Is Joh. van Wyk 'n historiese roman? (104-108). De Waal se romans is intriegeromans (109-111). Karaktertekening (112-117). Natuurbeskrywing (118-119). Styl (119-125). Dialoog (126). Anglisismes (127-130). Taal (130-132). Stompies (132-133); § 2. J. Lub (133-135). § 3. J.G. Engela (135-136). § 4. Adv. C.J. Langenhoven: Lewensskets (136-137). Ons Weg deur die Wêreld (II en III) (137-140). § 5. Christian Zinn. (140-141). § 6. Dr. D.F. Malherbe: Vergeet nie, inhoud (141-143). Bettie se "offer" (143-148). Karaktertekening (148-150). Gebrek aan objektiwiteit (150). Styl (151-158); § 7. Mej. Chris. C. Euvrard (158-159). § 8. Joubert Reitz (159-161). § 9. Jochem van Bruggen: Lewensskets (161-162). Teleurgestel (162-171). Op Veld en Rande (171-174). Ampie (174). Die Burgemeester van Slaplaagte (174-176); § 10. Gordon Tomlinson (176-180). § 11. Adv. H.A. Fagan: Lewensskets: Uit 'n Studente-Album (181-182). Uitgesogte Afrikaanse Verhale (182-183). § 12. Reenen J. van Reenen: Lewensskets; Celestine, Verborge Skatte (183-185). Die Lokaas (186-188). § 13. Léon Maré: Die Nuwejaarsfees (188-195). Ou Malkop (195-197). § 14. D.P. du Toit (197-199). § 15. A. du Biel: Getrou (199-202). Die Misdade van die Vaders (202-205). § 16. Mevr. M. Jansen-Pellissier: Lewensskets; Die Veldblommetjie; Verskil tussen goeie en slegte tendenswerk (205-207). Sedeprekery (207-208). Styl en taal (208-209). § 17. J.H. Malan: Lewensskets (209-210). Die Swerweling as historiese roman (210-212). Karaktertekening (212-14). Styl en taal (214-219). § 18. Ds. J.H. Kruger: Lewensskets en inhoud van Twee Rampe en twee Gelukke (219-220). Die kenmerke van goeie dialoog (220). Karaktertekening (220-223). Styl en taal (223-225). § 19. Mej. Sadie Bosman (225-228). § 20. G.J. Otto (228-229). § 21. Wolla (229). § 22. Slypsteen (230).

HOOFSTUK VI.

SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA Bls. 231-248

§ 1. Ds. Willem Postma (Dr. O'Kulis): Lewensskets (231-232). Die Eselskakebeen (232-233). § 2. Reenen J. van Reenen: Die Agterstevoortrekkers (234-239). § 3. Adv. C.J. Langenhoven (Sagmoedige Neelsie): Sonde met die Bure (239-243). Doppers en Filistyne (243-248).

HOOFSTUK VII.

DIDAKTIESE PROSA Bls. 249-261

§ 1. Adv. C.J. Langenhoven: Ons Weg deur die Wêreld I, IV, VI, IX (249-253). Aan Stille Waters.--Langenhoven se letterkundige opvattings (253-259). § 2. Dr. C. Louis Leipoldt: Praatjies met die Oumense (259-261). § 3. G. Jordaan (261).

HOOFSTUK VIII.

DIEREBESKRYWING Bls. 262-269

§ 1. A.A. Pienaar (Sangiro): Lewensskets (262-263). Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld (263-269). Hans Anton Aschenborn (269).

HOOFSTUK IX.

HISTORIESE PROSA Bls. 274-325

§ 1. Inleiding (274-276). § 2. Gustav S. Preller: Lewensskets (276-278). Voortrekkermense I en II (278). Dagboek van Louis Trigardt (279). Piet Retief (279-282). Kaptein Hindon (282-283). Baanbrekers (283). Twee Geskiedkundige Opstelle (284). Genl. Botha (284-285). Letterkundige Opvattings (285-288). § 3. J.H. Malan: Boer en Barbaar (288-291). § 4. Dr. S.P.E. Boshoff: Vaalrivier, Rebellie-Sketse (292-293). § 5. J.A. Smith: Brit en Boer (294-295). Naar Bloedrivier en Paardekraal (295). § 6. Dr. J.D. du Toit (Totius): Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk (296-300). §7. Ds. W. Postma (Dr. O'Kulis): Doppers (300-301). Die Boervrou (301-304). § 8. Thos. Blok: Grensboere (304). § 9. Ds. G.B.A. Gerdener: Sarel Cilliers (305-307). § 10. A.J. van der Walt: Lewensskets (307). Noordwaarts (308-310). Vastrappers I (310-311). § 11. Senator G.G. Munnik: Kronieke van Noordelike Transvaal (311-313). § 12. Ds. J.D. Kestell: Lewensskets (313), Die Voortrekkers (314-315). Christiaan de Wet (315-317). § 13. Dr. N.J. van der Merwe: Marthinus Theunis Steyn (317-324). § 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg: Moedersmart en Kinderleed (324-325).

The book keeps going

Keep reading, and see it illustrated

Reading is free forever. Sign up and watch scenes appear while you read.

Illustrated scene from Pride and PrejudiceIllustrated scene from Alice's Adventures in WonderlandIllustrated scene from The Adventures of Sherlock Holmes

Scenes Storieta drew for other classics.

New illustrated classics

A new classic, drawn, in your inbox.

Once or twice a month: the latest books to get full character casts, scene art, and free comic editions. No account needed.