Storieta
English
Save & sign up

The opening · free to read

Produced by Steffen Haugk

Digters uit Suid-Afrika.

BLOEMLESING UIT DIE POËSIE VAN DIE TWEDE AFRIKAANSE-TAALBEWEGING DEUR Dr. E. C. PIENAAR, PROFESSOR AAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH.

Vierde, vermeerderde druk.

(Regte van herdruk voorbehou.)

J. H. DE BUSSY, Beperk, PRETORIA. HOLL.-AFRIK. UITGEVERS-MIJ. v/h. J. DUSSEAU & Co., KAAPSTAD 1922.

AAN DIE LESER.

Hierdie bloemlesing was aanvanklik bestem hoofsaaklik vir Nederlandse lesers, en daarom van ’n inleiding in Nederlands en ’n verklarende woordelys voorsien. As sodanig is dit sedert sy eerste verskyning in 1917 tweemaal herdruk geword.

Aangesien die bundel egter van die aanvang af in Suid-Afrika veel meer aftrek gevind het dan elders, en ons letterkundige produksie sedert die tyd sodanig toegeneem het dat die bundel in sy oorspronklike vorm geen juiste beeld meer vertoon van die teenswoordige stand van ons Afrikaanse verskuns nie, het ek dit wenselik geag om die vierde druk nie alleen te hersien en aan te vul nie, maar dit ook ’n suiwer Afrikaanse stempel te verleen. Daarom val die oorspronklike inleiding en woordverklaring hier weg, en word verder al wat Nederlands was deur Afrikaans vervang.

Sedert die tyd het daar ook van my hand ’n breedvoerige studie verskyn oor die „Taal en Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging”, waarom ek dit oorbodig beskou om hier ’n nuwe inleiding by te voeg.

Hierdie vierde druk is dus meer dan ’n blote herdruk, nie alleen omdat dit ’n uitgebreider en meer oorsigtelike keuse bevat as die vorige drie nie, maar ook omdat die oorspronklike keuse hier en daar gewysig is volgens latere insigte.

Verder word bo aan iedere bladsy die naam van die bundel vermeld, waaraan die gedigte ontleen is. Die spelling is konsekwent gemoderniseer-met ’n apologie aan die digters wat nog hulle eie spelling volg!

Ek vertrou dat die bundel in sy nuwe vorm nog beter aan sy doel sal beantwoord as voorheen.

Die Saamsteller.

Stellenbosch, Okt. 1921.

INHOUD.

JAN F. E. CELLIERS.

Gebore 1865 op Wellington. In 1874 met die ossewa na Pretoria, waar sy vader oprigter en eerste redakteur geword het van „De Volkstem”. Studie op Pretoria, Stellenbosch, Wellington en Delft (1887-1890). Landmeter, later staatsbibliotekaris op Pretoria (1894-99). Op kommande tot die end. Na die Engelse oorlog met gesin na Europa-letterkundige studie. In 1907 terug na Suid-Afrika. Medeoprigter van „Die Brandwag”-taalpropaganda. Werksaam aan die Dept. van Binnel. Sake, Pretoria. Sedert 1918 buitengewone Professor op Stellenbosch.

Die Vlakte Die Ossewa Trou Die Laaste Aand Die Brand Die Kampsuster Dis al Afrikaner-troos Klein Ondeug ’n Snaakse Vryery Die Murasie Aardgeeste Dingaansdag Stille werkers Wag-hondjies President Steyn Komaan! Ma en Pietjie

TOTIUS (Dr. J. D. DU TOIT).

Gebore 1877 in die Pêrel. Seun van Ds. S. J. du TOIT, die vader van die „Eerste Afrikaanse-Taalbeweging”. Studie in Daljosafat (Hugenote Gedenkskool), Burgersdorp en Amsterdam. Na sy terugkeer predikant op Potchefstroom (1903) en sedert 1911 Professor aan die Teologiese Skool aldaar.

Die lied van die ossewa Vergewe en Vergeet Die Os Moselekatse Die drie Kindertjies Vegkop Repos Ailleurs ’n Sprokie Dit is Nag Daar ruis ’n Lied Stof Die Sterretjie Die oue Put Oggendstond op ’n Boereplaas Perdekraal-laer Die Vierkleur is weer in gevaar

Dr. C. LOUIS LEIPOLDT.

Gebore 1880 op Worcester. Sy vader predikant op Clanwilliam, waar LEIPOLDT sy kinderjare deurgebring het. Sedert 1897 medewerker aan „Het Dagblad”, later aan „The South African News”. Oorlogskorrespondent van verskillende buitelandse blaaie gedurende die Engelse oorlog. Studie in die medisyne in Londen (1902-07). Na groot reise deur Europa, Amerika, Wes- en Oos-Indië as medikus gevestig in Londen. In 1914 terug na Suid- Afrika en sedert die tyd mediese skool-inspekteur in Transvaal.

Slampamperliedjie Oktobermaand In Amsterdam In die Konsentrasiekamp Aan ’n Seepkissie Die ou Blikkie Japie Die Verkleurmannetjie Die Voortrekker se vaarwel Die Vlakte By Bloukrans Wolraad Woltemade Op my ou Ramkietjie Insulinde Aan Multatuli Die Beste

Dr. D. F. MALHERBE.

Gebore 1881 in Daljosafat (Pêrel). Skoolmaat van Totius op die Hugenote Gedenkskool. Studie in die Lettere op Stellenbosch, daarna in Freiburg (Duitsland). Na sy terugkeer onderwyser op Carnarvon-taalpropaganda. Sedert 1918 Professor in Afrikaans aan die Grey Universiteitskollege op Bloemfontein.

Die Lied van die Nagwind Awendblik Na die Droogte Die Roosknoppie O Lande vol Graan Die See is vol van Ewigheid Slaap

H. H. JOUBERT.

Gebore 1874 op Murraysburg. Onderwyser. Sedert 1905 prokureur-notaris op Middelburg (Transvaal).

Die Trek Drakensberg af Dingaan se Gesante doen rapport aan hom Op die Laers aanswerwende Soeloe-hordes Moeders Skat Lente-oggend Donderweer Dageraad

Adv. C. J. LANGENHOVEN.

Advokaat-joernalis op Oudtshoorn. Later lid van die Kaapse Provinsiale Raad, waar hy in 1914 die erkenning van Afrikaans as voertaal by die laer en middelbaar onderwys bewerkstellig het. Daarna lid van die Volksraad en tans van die Senaat.

My onherroeplike Kinderdae Besit en Gebruik My eie-ek Laster huldig, Roem beskuldig Die Mot en die Kers Aan die Renegaat Die Openbaring van die Waarheid Liefde’s onsin Die Stem van Suid-Afrika

EUGÈNE MARAIS.

Advokaat-joernalis op Pretoria. Een van die voorlopers van die nuwe Taalbeweging.

Gebore 1888 op Alice. Studie in Kaapstad en Amsterdam. In 1918 bevorder tot arts. Sedert 1920 as geneesheer gevestig op Senekal.

Amsterdam Kinderlied As saans Awendmymering Bekoorlik Kind Probleem Sneeu Muskiete-jag Slagvaardig Dingaansdag Die twee Boodskappers Maar één Suid-Afrika

Dr. TH. WASSENAAR.

Gebore 1892 op Middelburg (Transvaal). Sedert 1910 student in die medisyne in Amsterdam. In 1918 bevorder tot arts. Daarna as geneesheer gevestig op Lydenburg.

See-sonnet Bergtoppe Op die Toring Nag Kennis en Gevoel Diepte Stille Vriende Middaguur Aandliedjie Die Windjie Aan Holland Op die Dood van President STEYN Die Slag by Bloedrivier

The book keeps going

Keep reading, and see it illustrated

Reading is free forever. Sign up and watch scenes appear while you read.

Illustrated scene from The Great GatsbyIllustrated scene from Pride and PrejudiceIllustrated scene from Alice's Adventures in Wonderland

Scenes Storieta drew for other classics.

New illustrated classics

A new classic, drawn, in your inbox.

Once or twice a month: the latest books to get full character casts, scene art, and free comic editions. No account needed.